It is currently Tue Sep 07, 2010 2:00 am

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 
Author Message
 Post subject: MAZDA SUSPENSIE
PostPosted: Mon Jan 11, 2010 7:12 pm 
Offline

Joined: Sun Jan 03, 2010 6:44 pm
Posts: 5
Wil graag bietjie inligting kry oor agter suspensie vir d/kajuit Mazda. Ons gaan later vanjaar Angola se kant toe.

Wanneer gelaai met al my toerusting, water en lang afstand tank, hang die agterkant van die bakkie. Ek het verlede jaar Damaraland oor Divorce Pas suksesvol voltooi maar toe nog nie die lang afstand tank ingehad nie. Ek oorweeg 2 opsies:

Opsie 1. Ekstra bladveer. My probleem is dat ek nie veel spasie bokant die daktent en die garagedeur het nie. Een verskaffer het genoem dat hulle in my geval net 'n ekstra veer insit. Dus lig die bakkie slegs die dikte van die veer, maar is stywer geveer. Vraag is: Wat van rygerief sonder vrag. Ek het reeds nuwe 4X4 gasskokbrekers opgesit wat reeds harder is op die teerpad.

Opsie 2. Rubber helpers. (weet nie of mens die goed se name mag gebruik op die forum nie) Elk geval, daardie rubbers wat gepomp word na gelang van die hoogte wat jy soek. Wat my bekommer is die feit dat die rubber op een plek op die bak se raam druk waar die bladveer die drakrag na twee punte op die raam versprei. Is dit dalk nadelig?

Miskien kan julle help. Wag vir julle insae.
Demus


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: MAZDA SUSPENSIE
PostPosted: Mon Jan 18, 2010 11:22 am 
Offline

Joined: Fri Jan 15, 2010 1:39 pm
Posts: 2
Hi Demus.
Ek kan jou vertel van my ervaring met die ‘Ride-Rite air helper’ suspension wat ek op my 2007 (ou vorm) Mazda Drifter gesit het.

Ek stem saam dat jy verander die las op die onderstel na ‘n ander punt en dat jy ‘n punt lading op die onderstel bysit. As jy mooi na die onderstel kyk is dit eintlik ‘n voordeel in die sin dat die deel waana jy die lading skuif is verder van die agterkant van die voertuig af. Dit is ook op ‘n sterker deel van die onderstel en in die geval van ‘n double cab is dit baie voordelig. Jou gewone bladvere is in elkgeval ook maar net twee punt ladings. Solank jy nie ladings kapsiteit van die voertuig oorskry nie kan die verandering nie nadelig vir die onderstel wees nie.

Jy kry sekere voordele ook: Jou hele dryfstelsel (soos die diff, propshaft ens) en ander suspensie dele gaan minder sluitasie he omdat dit minder beweeg en meer stabiel is.
Die voertuig hanteer aansienlik beter met die suspensie, maar soos ek ook uitgevind het, jy moet leer wat is die regte druk wat jy moet handhaaf vir verskillende massas wat jy laai, en dit is veral waar vir 'n ongelaaide voetuig! As hy te hard is, is jou padhouvermoe belaglik. Dit het my ‘n tydjie geneem om dit presies reg te gebruik en die lekplekke uit te sorteer op die pypies, maar ek sal nooit ooit weer ‘n bakkie ry sonder die goed nie!!

Een van my probleme was dat my permanente toerusting en canopy het ‘n ongelaaide voertuig al reeds laat hang na agter. As jy dan ‘n ent gery het en die skokbrekers lekker warm is, dan het die bakkie soos ‘n boot begin wieg. Ek het soveel meer beheer oor die rygerief dat ek dit regtig vir jou kan aanbeveel bo enige ander opgradering. Vol gelaai en met swaar sleepwa is ook ongelooflik… selfs ‘n slegte dip in die pad oppervlakte teen 120km/h is geen probleem nie.

Ek is mal oor die verstelbaarheid. Verg ‘n bietjie meer administrasie, maar dit is mos deel van die pret. Ek kyk nou daarna om ‘n kompressor te monteer wat onder andere vanuit die kajuit my air suspension kan verstel. (ek het ook iets nodig om my groot Leyland brandweerwa ‘horn’ te dryf wat ek spesifiek vir onbedagsame taxis gemonteer het 8-) )

Groete, ek hoop jy kry iets wat vir jou sal werk.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: MAZDA SUSPENSIE
PostPosted: Wed Jan 20, 2010 8:22 pm 
Offline

Joined: Sun Jan 03, 2010 6:44 pm
Posts: 5
Baie dankie vir jou inligting. Ek oorweeg dit sterk om die air lifters te laat installeer aangesien ek nie altyd my voledige toerusting saamry nie en 'n bladveer dan te hard gaan wees.
Ek dink jou inligting het my oortuig. Ek sleep nie en ek neem aan dit sit ook meer stremming op die onderstel.
Waar het jy joune laat doen. Bly op Vredendal, 300 km noord van Kaapstad.
Demus


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: MAZDA SUSPENSIE
PostPosted: Thu Jan 21, 2010 1:03 am 
Offline

Joined: Fri Jan 15, 2010 1:39 pm
Posts: 2
:D

Ek het dit self ingesit. Ek het sommer bakstene gebruik om die bakkie op te laat staan toe ek die wiele afgehaal het. (ek was nogal bang die kar val as ek werk so ek het baie bakstene gebruik.)

Dit was nie baie moeilik nie, het my so 1.5uur per wiel geneem. Maak seker as jy dit self doen dat jy die chasis weer verf met onderlaag waar jy die rubber stopper se metaal stut afge-'grind' het.

Op die Mazda/Ford is die wiel and die diesel tenk se kant die moeilikste. Die een U-bolt wat om die chasis gaan moet effe gebuig word, ek het dit sommer met my hand en 'n bankskroef gebuig.

Dit is regtig nie baie moeilik nie, en die instruksies wat saamkom is heel goed gedoen. Maak seker jy het genoeg tyd voor jy dit doen... jy kan nie hlafpad stop en gou gaan melk koop met dieselfde kar nie :-)

Ek het wel nie die as losgemaak om die rubber stoppers uit te haal nie, (jy het verkieslik a torque wrench nodig as jy dit beplan) so ek het die rubbers afgesaag met 'n metaal saag lem. was nogal groot moeite.

Oja, en moet nooit met die lugsake ry as hulle nie ten minste 0.7bar in het nie. Een van die redes hoekom ek die kajuit beheer sisteem wil insit, dan kan jy altyd sien en sommer die goed pomp met die druk van 'n knoppie.

hoop jy kom reg!!


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: MAZDA SUSPENSIE
PostPosted: Mon Jan 25, 2010 6:47 pm 
Offline

Joined: Sun Jan 03, 2010 6:44 pm
Posts: 5
Baie dankie. Klink na 'n lekker Saterdag joppie. Ek het navraag gedoen by 'n verskaffer en wag net vir sy antwoord. Tot tyd en wyl jy 'n gekikte kompressor gekry het, kan jy mos maar vir jou 'n vuvuzella kry. Jy's dan gelyktydig raserig vir die taxisdrywer en in by die passesiers.

Demus


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 5 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  
cron
Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group


SA4x4 is published by Caravan Publications, publishers of

xx
xx