BASIC BUSH TRAINING

Return to: Idle Talk

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.

  • Carl Strydom
    Carl StrydomParticipant

    Na aanleiding van Frans Roothman se artikel oor overlanding en sekuriteit, wil ek saamstem; ‘n mens het nie altyd die fasiliteit, of toerusting, of mense, om iets te gaan doen nie. So het ons van Okavango Guiding School gehoor by Altis Kriel, wat ook ‘n groot overlander is. Jy skryf in vir ‘n basiese kursus van ‘n week (Bush skills training), en dan kry jy ‘n sertifi kaat van bywoning as jy klaar is.

    Wat lekker is, is dat jy met jou gewone 4×2 kan ry tot by Maun in Botswana, en dan kom haal hulle jou daar. Jy’s vir n week by hulle − hulle verskaf vir jou tent-verblyf, warm water, drie etes per dag, en hulle verskaf 10 SA4x4 April 2018 ook die 4×4 wildbesigtigings voertuie, makoros en motorboot om in die delta te beweeg onder hulle toesig/opleiding. Jy gaan net saam. Jy kan ook saam met hulle op uitstappies gaan en die wilde diere te voet nader.

    Ek en Elmari het dit terdeë geniet. Ons het die Delta ervaar in al sy fasette, teen n fraksie van die prys wat ons sou betaal het om in een van die lodges te bly.

    Jy kan hulle kontak by Okavango Guiding School, http://www.guidetrainingcourses.com, en dan vra jy hulle suider-Afrikaanse pryse, nie internasionale $ pryse nie.

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.