Pajero starting problems

Return to: Vehicles & Technical

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.


  • AnonymousInactive

    Ek ry tans n Pajero 3500 LWB 1997 model met 362000 km. Sedert Augustus verlede jaar het ek begin probleme ondervind dat sy nie alltyd wou start nie.

    Geen probleem in die oggende. Sou ek bv. poskantoor toe gaan dan na die kooperasie en dan Spar toe dan sal sy nie start by die Spar nie. Dit is amper sonder uitsondering die derde of vierde keer binne n kort tydjie dat ek die probleem ondervind. Ek woon in Velddrif en het verlede week George to gery en geen probleme gekry nie. Lang afstande kan ek ry, petrol ingooi en verder ry maar dit is net die kort afstande in die dorp wat die probleem veroorsaak.

    Niemand kan raad gee nie. Almal raai maar. Hopelik kan kan jou paneel raad gee waar om te begin soek.

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.